Bookshop

Baby Book, Pregnancy Book, Conception Book, Birth Book, Baby, Conception, Birth, Pregnant
One + One = Three (NOW -50%)
February 18, 2017
development body, development heart, development mind, knowledge, milestones, indicators, development, guide, book, checklist, road map, journey
Play Learn Know {3 – 6 years}
February 18, 2017
Show all

breinontwikkeling MYLPALE en leer

R190,00

Elke ouer behoort ‘n “ontwikkelingsafspraak” met hierdie boek te maak en dit van voor tot agter deur te lees. Of jy in die kinders-kry stadium van jou lewe is, of alreeds in die kinders-grootmaak stadium, hierdie is ‘n boek wat jy MOET lees. Jou kind se brein groei teen ‘n ongelooflike tempo- vanaf konsepsie tot baie jare na geboorte. As ouer sal jy die insig hê om ontwikkelingsprobleme raak te sien, hoe om dit te hanteer en nog meer belangrik, hoe om dit te voorkom. Deur ten volle gebruik te maak van die kleinste dingetjies, sal jy jou kind help om sy volle potensiaal met gemak te bereik.

Tine Otte, Geboorte Opvoedkundige, R.N.R.M.ICCE

VOLG DIE SKAKEL om die komplimentêre eerste hoofstuk te lees van: Brein Ontwikkeling, Mylpale en leer

SKU: Mylpale-01 Categories: , , ,

breinontwikkeling, MYLPALE en leer is ‘n praktiese gids vir ouers, versorgers, onderwysers en terapeute om kinders te lei om gelukkige, slim en vervulde mense te word.

Ontwikkelingspesialis, Dr. Melodie de Jager se boek breinontwikkeling, MYLPALE en leer werp lig op die ontwikkeling van die brein in utero tot en met skoolgaande ouderdom en die rol van motoriese mylpale in hierdie tydperk. breinontwikkeling, MYLPALE en leer is ‘n praktiese plan van aksie vir ouers en versorgers om die mees sensitiewe tyd van neurologiese ontwikkeling te benut. Die boek dien ook as ‘n hulpmiddel vir ouers en onderwysers van skoolgaande kinders wie ontwikkelingsmylpale as babas oorgeslaan het of die mylpale in die verkeerde volgorde behaal het en steeds nog negatief beïnvloed word deurdat primitiewe reflekse voorkeur geniet wanneer dit by breinaktiwiteit kom. Hierdie kultuur-sensitiewe-boek beloof om leer- en lewensprobleme te help voorkom sowel as om bestaande probleme aan te spreek en te verwyder.

Slegs in Afrikaans beskikbaar.

 

VOLG DIE SKAKEL om die komplimentêre eerste hoofstuk te lees van: Brein Ontwikkeling, Mylpale en leer

Weight 0,434 kg
Language

Afrikaans

Login

Lost your password?