Shop

development body, development heart, development mind, knowledge, milestones, indicators, development, guide, book, checklist, road map, journey
Speel Speel Slim {Geboorte tot 3}
May 20, 2022
learn, practical, teachers, development, school-readiness, test, report cards, school, teachers, parents, development, physical, emotional and social, cognitive, intellectual
LEERgereed, SKOOLgereed
May 22, 2022
Show all

Speel Leer Slim {3 – 6 jaar}

R305,00 incl. VAT.

Jy hoef nie al die antwoorde te ken nie – leer hom van kleins af om antwoorde op sy eie te vind. Hierdie boek is nie ‘n kontrolelys of ‘n tydstaat om af te merk of arbitrêr in te vul nie; dit is ‘n padkaart om jou op die reis van ontwikkeling te lei. Dit het geen ouderdomsaanwysers nie omdat elke kind ontwikkelingsgewys in sy eie tyd ontvou.

Kinderontwikkeling is nie ‘n wedloop om ‘eerste daar te kom’ nie. Dit is ‘n reis waartydens daar vaardighede is wat ontwikkel moet word, kennis is wat ontdek moet word en duisende ervarings is om te geniet langs die pad na skoolgereedheid.

Beskikbaar in Engels en Afrikaans

VOLG DIE SKAKEL om die komplimentêre eerste hoofstuk te lees van: Speel Leer Slim

 

Clear
SKU: Play Learn Know-1 Categories: ,

Kinders ontwikkel voortdurend en gedy as daaglikse roetine ‘n interaktiewe speletjie word. Speel Leer Slim is ‘n gids om Ma en Pa (en ideaal alle versorgers) te help om hulle kind se liggaam, hart en verstand met weldeurdagte ingryping te help vorm. Dit bevat hope idees vir eenvoudige speletjies om komplekse vaardighede te ontwikkel. (Gemik op kinders tussen 3 en 7 jaar oud.)

‘n Kind moet die lewe ervaar om deel daarvan te word. Help jou kind só om die lewe deur haar daaglikse roetine te ervaar:

  • benoem alles waaraan jy raak
  • verduidelik wat om julle gebeur
  • wys haar hoe dinge werk en
  • gee haar hope geleenthede om te ontdek en te leer, te beweeg en vrae te vra.

Jy hoef nie al die antwoorde te ken nie – leer jou kind van kleins af om self die antwoorde te vind. Hierdie boek is nie ‘n afmerklys wat jy arbitrêr moet invul of voltooi nie. Dis ‘n padkaart om jou op jou kind se ontwikkelingspad te begelei. Daar is nie ouderdomsaanduidings nie, want elke kind ontwikkel teen haar eie tempo. ‘n Kind se ontwikkeling is nie ‘n resies wat gewen moet word nie. Dit is ‘n reis op pad na skoolgereedheid waartydens vaardighede ontwikkel, kennis ontdek en duisende ervarings beleef moet word.

Dr Melodie de Jager is ‘n gekwalifiseerde kleuterskoolonderwyser met ‘n meestersgraad in Wetenskap- en Wiskundeprogramme, en ‘n doktorsgraad in die rol van neurologiese integrasie in die leerproses. Sy bied verskeie slypskole aan, is ‘n gereelde gas op TV- en radioprogramme, en is uiters gewild as sleutelspreker. Sy is die skrywer van onder meer Mind Dynamics, Kopskuiwe en BabaGim, en is op die Amrikaanse Biografiese Instituut se lys Merkwaardige Vroue van die 21ste Eeu.

Liz Victor is ‘n gekwalifiseerde onderwyser met ‘n nagraadse diploma in remediërende onderwys. Sy het TOPTOTSprogram vir Ma-en-kind-klasse as franchise ontwikkel en is steeds voortdurend betrokke by navorsing om die gehalte van die programinhoud waarvoor TOPTOTS bekend is, te handhaaf en verbeter. Sy is ‘n gereelde aanbieder van en spreker by seminare en skryf artikels oor Kleuterontwikkeling vir die Natal Mercury.

Dit is Melodie en Liz se eerste gesamentlike boek.

Weight 0.742 kg
Language

Afrikaans

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Speel Leer Slim {3 – 6 jaar}”

Your email address will not be published.

Login

Lost your password?