Speel Leer Slim {3 – 6 jaar}

R340,00

Jy hoef nie al die antwoorde te ken nie – leer hom van kleins af om antwoorde op sy eie te vind. Hierdie boek is nie ‘n kontrolelys of ‘n tydstaat om af te merk of arbitrêr in te vul nie; dit is ‘n padkaart om jou op die reis van ontwikkeling te lei. Dit het geen ouderdomsaanwysers nie omdat elke kind ontwikkelingsgewys in sy eie tyd ontvou.

Kinderontwikkeling is nie ‘n wedloop om ‘eerste daar te kom’ nie. Dit is ‘n reis waartydens daar vaardighede is wat ontwikkel moet word, kennis is wat ontdek moet word en duisende ervarings is om te geniet langs die pad na skoolgereedheid.

Beskikbaar in Engels en Afrikaans

VOLG DIE SKAKEL om die komplimentêre eerste hoofstuk te lees van: Speel Leer Slim

 

Read more