“Dis nie jou gesondheid of omstandighede wat bepaal hoe goed dit met jou gaan nie. Dit is wat tussen jou ore sit wat dit bepaal,” sê die Johannesburgse neuro-ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager. “Hoe jy oor jou lewe en jou omstandighede dink, het baie met jou geluk te doen. Maar jou brein is ook met jou spiere en sintuie verweef. Deur sekere fisieke oefeninge kan jy jou spiere en jou sintuie skerp hou, en sommer ook ‘n stroom goedvoelhormone vrystel.”
Sluit van Melodie se Mind Moves by jou daaglikse roetine in, en beleef die voordele van ‘n wakkerder brein en gelukkiger lyf! Nie te veel moeite as jy graag langer jonger wil bly nie, of hoe?
Jou oë stimuleer verskillende dele van die brein wanneer hulle opwaarts, afwaarts, horisontaal, na links en na regs draai. Hierdie oefening maak die oë fiks en helder, en hou jou denke wakker en jou geheue soepel.
Mind Moves Geheueknoppies YouTube video skakel hier: https://www.youtube.com/watch?v=E-KE8jOdj48
Hierdie oefening ontwikkel balans, gehoor en geheue. Dit help veral om spiere soepel te hou en regop te bly. Dit kan jou ook rustig help slaap as jy dit net voor slaaptyd doen.
Mind Moves Antennaversteller YouTube video skakel hier: https://www.youtube.com/watch?v=5Y-czkL38ZA
Dié Mind Moves kom uit “Die glinster in my grysheid” deur dr. Melodie de Jager.