Jeugdige en positiewe veroudering

Taking the sting out of maths and science
July 24, 2017
Birth and brain development – a flawless design
September 13, 2017

Deur Celeste van der Walt

Die verouderingsproses vat beslis aan ‘n mens se gemoed en denke en natuurlik ook die lyf. Die grootste sondebokke is die baie snaakse of komiese grappe waaroor almal skaterlag maar wat ons breinspoel om te glo dat oud word pure aftakeling is: vergeetagtigheid, lompheid, onbeholpenheid, verswakking, doofheid ens.

Ouer word is inderwaarhieid ook groei, soos Morrie in Tuesdays with Morrie deur Mitch Albom, gesê het. Of soos professor Paul Jacobs dit stel: Oud word is beide lig en donker. Die mate van lig of donker, hang natuurlik grootliks van ons af.

“Dit is nie jou gesondheid of omstandighede wat bepaal hoe goed dit met jou gaan nie.

Dit is wat tussen jou ore sit wat bepaal hoe goed of sleg dit met jou gaan.”

Dr Melodie de Jager

VAN JAAG NA SIT

Voor aftrede voer ons ‘n bestaan van gejaagdheid:  ‘n gejaag na sukses, ‘n poging om die ‘rat race’ te oorleef, kinders groot en geleerd te kry, tegnologie onder die knie te kry. Daar is nie veel tyd om voor te berei vir die ouer jare nie.  Dit bly iets in die verre toekoms wat hopelik nie met ons sal gebeur nie. Ouer word is iets om oor te lag want grappe daaroor, is volop. Wanneer ons die senior jare skielik in die gesig staar, is die enigste middels wat ons byderhand het, vrese en mites wat deur die jare versamel is.

Gelukkig is ouer word eintlik ons mees sinvolle jare, as ons dit wil toelaat.  Nou kan ons wees wie ons moet wees, doen wat ons moet doen.  Ons kan nou ons doel uitleef; die bydrae maak waarvoor ons gebore is.

Te dikwels sien ons dit as die tyd om te sit. Ons doen alles sit-sit, behalwe wanneer ons een of twee keer ‘n week ‘n oefensessie inpas of rolbal speel. Volgens Dr Joan Vernikos in haar boek Sitting Kills, Moving Heals verhaas gedurige sit die verouderingsproses noemenswaardig.  Dr Paul Dennison, die bewegingskundige meen: Movement and breathing are crucial for us to survive and remain healthy.

Onbetrokkenheid

Iets anders wat die verouderingsproses aanhelp, is onproduktiwiteit en onbetrokkenheid. Dit is die tyd om lewens te verryk, te werk aan ‘n ware nalatenskap. Lynda Smith glo dit is die begin van ‘n opwindende nuwe fase in ons lewe, nie die einde nie.

“Ensure that your life is painted in rich colours and becomes a beacon of hope to others”.

Volgens Oliver Wendell Holmes, is ‘n tekort aan pret of ‘n kinderlike speelsheid ook verantwoordelik vir vinnige veroudering. Hy sê: Men do not quit playing because they grow old, they grow old because they quit playing.

Beweging – die sleutel

Dr Daniel Amen, ‘n Neuro-wetenskaplike en Psigiater bevestig die belangrikheid van beweging en speelsheid en moedig ons aan om in ritme te beweeg, om positief te bly en jeugdig te verouder. Nouja, ons kan nie heeldag speel en dans nie, maar om aan die beweeg te bly, blyk baie voordelig te wees. Dit bevorder:

  • gesonde breinaktiwiteit
  • help om die geheue in plek te hou
  • die postuur regop te hou en
  • die spiere sterk te hou.

Sielkundiges beweer dat beweging ook die vinnigste manier is om die gemoed te lig wanneer ons teneergedruk, angstig of kwaad is. En volg ons dr Daniel Amen se raad om in ritme te beweeg, is die resultate nog beter.

Die hippokampus is die deel van die brein wat te make het met verbale geheue en leer.  Hierdie studie bevestig vorige bevindings dat beweging, veral aerobies van aard, geheue en die vermoë om te leer, bevorder. Om aan te hou leer, is essensieel vir aanpassing by verandering en dus by oorlewing. Aanpassing is ‘n gegewe deel van die ouer wordende persoon se lewe en sou angstigheid kon veroorsaak. Juis daarom moet aandag geskenk word aan die vermoë om dit te bestuur.

How the brain works, determines how happy you are,

how effective you feel and how well you interact with others

Dr Daniel Amen

Hier in Suid-Afrika het dr Melodie de Jager ook die belangrikheid van beweging en ander aktiwiteite, tydens die senior jare besef en het as ‘n afdeling van die Mind Moves Instituut, die Senior Mind Moves Instituut gestig. Hierdie breinoefeninge is daarop gemik om die sintuie, die brein, die spiere en die senuwees tydens die ouer-word jare ‘jonk’ en gesond te hou, om sodoende kwaliteit lewe te verseker. Wanneer ons hierdie prettige oefeninge daagliks doen, gebeur ‘n paar dinge. Die brein bly helder of raak weer helderder, ons dink flinker, stap weer met ‘n huppel, ons gevoelens van selfwaarde verhoog en ons lus vir die lewe seevier. Nuwe uitdagings maak ons opgewonde en omgee vir ander raak belangrik.

In haar boek Die Glinster in my Grysheid verduidelik dr De Jager hoe gepaste bewegings (Mind Moves) die helderheid van die senior denke stimuleer en behou. Die Senior Mind Moves Instituut bied ook slypskole aan waar opgeleide fasiliteerders praktiese opleiding bied aan persone wat die senior jare oopkop en sinvol wil betree.

To know how to grow old, is the master work of wisdom and one of the most difficult chapters in the great art of living.

Henri Frederic Amiel

 

Albom, M. 20008. Tuesdays with Morri. Sphere, GB

Amen, D. 1998. Change Your Brain, Change Your Life.  Random House, New York.

De Jager M. 2011. Die Glinster in my Grysheid. Mind Moves Instituut, Johannesburg.

Petras, K & R. 2002. Age doesn’t Matter unless you’re a Cheese. Thomas Allen & Son Limited, Canada

Van Zyl-Edeling, H. 2013. Over the Moon.  Porcupine Press, Pinegowrie. SA

Vernikos, J. 2011. Siiting Kills, Moving Heals. Quill Driver Books, California

Login

Lost your password?