Dr Danie Steenkamp en sy vrou Dr Sonja Steenkamp vertel (https://www.youtube.com/watch?v=ck7pgSsKSjQ) hoe hul saam met ‘n span dokters en terapeute met Mind Moves gewerk het om die skade na ‘n grusame motorfiets ongeluk te minimaliseer.
Die brein is die brein, of dit nou ‘n baba, kleuter, kind, tiener, volwasse of ouerwordende brein is. En ‘n brein is vormbaar. Hoe jonger ‘n persoon is, hoe meer vormbaar is die brein, maar die brein verloor nooit die vermoë om te vernuwe, deur vars paadjies te bou, in ‘n poging om beskadigde dele te herstel nie.
Die vraag is nie óf die brein kan vernuwe nie, die brein kan vernuwe. Die vraag is eerder “HOE vernuwe die brein?”. Om die vraag te beantwoord het Dr Melodie de Jager van die Mind Moves Instituut na die tydperk gekyk wanneer die menslike brein die meeste ontwikkel – van konsepsie tot ongeveer twee jaar na geboorte. Sy het vir 31 jaar hierdie tydperk bestudeer met die hoop dat sy agter die kap van die byl kon kom oor wat die brein so snel gedurende hierdie tydperk laat ontwikkel. Groot was haar verwondering toe sy besef beweging is een van die kritiese komponente wat bydra tot die ontwikkeling van die brein. Geborgendheid, voeding, stimulasie en interaksie speel almal ‘n beduidende rol in die vorming van die brein, maar sonder 1) refleksiewe bewegings en later 2) gekontroleerde bewegings is die mens se vermoë om toenemend onafhanklik en selfversorgend te word en om ‘n impak op die omgewing te hê, haas onmoontlik.
Dit was voorwaar ‘n EUREKA! oomblik om die impak en waarde van beweging op die bedrading en werking van die brein te besef. Dit was geensins ‘n nuwe konsep nie, Doman en Delacato en vele ander opvoedkundiges en wetenskaplikes het reeds vir jare suksesvol met beweging gewerk. Wat vir De Jager die deurbraak gedagte was, was die waarde van elke baba mylpaal as ‘n sistematiese manier om breinontwikkeling te peil. Dis die natuurlike en sistematiese bereik van elke mylpaal wat dui op immer meer komplekse bedrading in die brein. Gewapen met die insig het De Jager en haar span die bababewegings op vrywillige volwassenes en mense wie se brein seergekry het begin toepas, en het stom gestaan oor die brein se begerigheid om homself te vernuwe. Veral as hy aangepor word deur die mimiek van die eenvoudige bewegings wat babas spontaan maak.
Op ‘n rare manier het ‘n 73jarige opvoedkundige sielkundige, Isidro Getino Garcia, in Spanje van De Jager se werk gehoor en self daarmee begin eksperimenteer. Sy entoesiasme het tot vele werkswinkels en artikels vir terapeute, onderwysers, ouers en ouerwordendes gelei en nou, ses jaar later, word De Jager se werk deur ‘n EU Universiteit erken en bemark as ‘bewegingsmedikasie’. Dit is alles danksy Garcia wat op die ouderdom van 79 self die onderhandelinge met die Universiteit, namens die Mind Moves Instituut in Johannebsurg, hanteer!
Marie Grobler – Na ‘n beroerte agter my linkeroog, kon ek niks met die oog sien nie. Gelukkig het ek Mind Moves oefeninge gekry wat ek pligsgetrou elke oggend gedoen het. Na ‘n paar maande het my sig geleidelik begin terugkom. Tans kan ek duidelik sien waar ek loop terwyl ek my regteroog toehou. Ek kan selfs op ‘n afstand van 3 meter kleur en beweging op die televisie sien! Na ‘n besoek aan die oogkundige 1 jaar later, het hy verbaas gevra watter medikasie ek gebruik het omdat my sig so verbeter het! Ek kan maar net sê: “Alle dank aan Ons Hemelse Vader wat hierdie wonderlike Mind Moves oefeninge oor my pad gestuur het”.
Peter Herweg – Ek het ‘n beroerte aanval in 2008 gehad en kon daarna nie loop of praat nie. Nadat die Mind Moves program- wat die werking van die brein en die liggaam koördineer- aan my verduidelik is, het ek dit gereeld gedoen en vandag kan ek weer loop en praat. My lewe is basies weer dieselfde as wat dit voorheen was. Ek kan Mind Moves aanbeveel vir enige iemand wat ‘n breinbesering opgedoen het.
Dalena Fourie – Na persoonlike inskakeling by die Mind Moves program is ek daarvan oortuig dat elke ouerwordende persoon by hierdie program moet inskakel. Die fisies-motoriese, emosionele en verstandelike funksies wat met ouer word afneem, kan weer met hierdie prettige program gestimuleer en geaktiveer word tot soepeler bewegings en beter brein funksionering. In ‘n betreklik kort tydjie het ek positiewe resultate in o.a. die volgende funksies verkry: beter kleinspierbeheer van my hande en voete (na breinoperasie); verligting van angstigheid; verligting van droeë mond sindroom; beter gehoor en beter emosionele welstand. Die oefenprogram is baie ontspannend maar terselfdertyd doelgerig. Leiding van my kundige, toegewyde en empatiese Mind Moves Instrukteur was puik en onontbeerlik vir my vordering en positiewe ingesteldheid.
Mind Moves as bewegingsmedikasie is toeganklik gemaak vir –
Kontak gerus vir Celeste van der Walt (79) om meer van Senior Mind Moves te hoor: celeste.vdwalt@seniormindmoves.co.za