Deur Rudine Ferreira.
Sussie begin om die glipsies te ignoreer – dalk sien mamma dit nie raak nie en dan kry ek nie weer raas nie! Dit raak ‘n bose kringloop wat baie spanning meebring.
De Jager (2020) stip dit uit dat mens se binne-sintuie verantwoordelik is om gravitasie-veiligheid aan ‘n persoon te bied. Die binne-sintuie is die volgende:
Hierdie binne-sintuie is verantwoordelik om te reageer op sensasies en stimulasie van binne die liggaam om volgorde, rigting, prioriteit en balans of posisie in die ruimte te bepaal.
Nancy Raubenheimer (2009) noem ook die volgende punte waarop die vestibulêre sisteem ‘n invloed het:
Volgens Wiki.Answers is ‘n eenvoudige definisie vir gravitasie die krag waarmee die aarde ‘n voorwerp aantrek sodat dit nie in die lug kan opstyg nie. Dit is baie belangrik dat kinders bewus sal wees van hierdie aantrekkingskrag en vastigheid, anders ondervind hulle heeltyd ‘n onveilige sweefgevoel. Volgens De Jager (2019) word babas nie met gravitasie-veiligheid gebore nie, maar word geseën met stelsels om hierdie onveilige gevoel teen te werk.
Die vestibulêre sisteem is in die binne-oor geleë en bestaan uit drie vloeistofgevulde sekulêre sirkels en die koglea. Fyn haartjies binne hierdie sirkels, wat saam met die vloeistof beweeg wanneer die persoon sy kop beweeg, stuur seine na die brein om sekere spiere te laat saamtrek of te laat ontspan sodat die liggaam kan regop bly – volgens De Jager (2019) noem ons dit BALANS. Ayres (1979) meld dat ‘n persoon gravitasie-onveiligheid ervaar wanneer die vestibulêre sisteem nie geïntegreerd met die ander sintuie, brein en spiere saamwerk nie.
Stimulasie van die vel, spiere en gewrigte waar proprioseptore geleë is, die beweging in al die verskillende rigtings om die vestibulêre sisteem te ontwikkel, tesame met die ondergenoemde Mind Moves® oefeninge (De Jager, M. 2020), sal integrasie meebring.
‘n Bewustheid moet by die kind gekweek word om ‘n gevoel van ‘n stewige basis op die grond te beleef. Die gevoel van ‘n onstabiele basis veroorsaak dat die liggaam moet oorkompenseer, soos om op ‘n bal te probeer balanseer. Wanneer jou basis stewig is, is dit heelwat makliker om jou posisie in die ruimte te bepaal en te behou.
Hierdie gevoel van veiligheid versterk die kind se selfbeeld en selfvertroue. Haar binne-sintuie werk geïntegreerd saam wat ‘n positiewe uitwerking op haar metaboliese sisteem het.
Dit alles werk mee dat die ongelukkige kindjie meer beheer oor haar uitskeidings-organe verkry en dat die konfliksituasie tussen ouer en kind drasties verbeter! Die negatiewe belewenis van mislukking wat ervaar is verander in ‘n gelukkige verhouding.
Die oorskulpe is die antennas wat inligting van buite help opvang en dit dan na die binne-oor (vestibulêre sisteem) stuur om verwerk te word sodat die liggaam weet wat om met die inligting te doen. Die impulse wat deur die oorskulp gevoel kan word sluit onder meer klank, volume, rigting waaruit die klank kom, hoe vinnig of stadig daar beweeg word, posisie van kop en so meer in. Deur die oorskulpe te vryf raak die “antennas” meer sensitief vir die inligting inname en kan die vestibulêre sisteem meer akkurate inligting kry.
Die vel is die eerste van die sintuie om te ontwikkel. Die vel het twee hooffunksies – beskerming en diskriminasie. Beskerming staan altyd eerste en oorheers die vermoë om te kan diskrimineer. Dit is daarom uiters belangrik dat ‘n persoon “veilig” sal voel in sy vel om sodoende beter te kan diskrimineer. Deur die vel met ‘n ferm beweging te vryf word daar bedrading gebou tussen die vel en die binne-sintuie. Deur die voete teen die grond vas te druk kry die persoon die gevoel van gravitasie-veiligheid.
Hierdie oefening help om reëlmatige asemhaling en ontspanning te bevorder, wat op sy beurt weer die afskeiding van adrenalien en kortisol verminder. Adrenalien kan ‘n persoon maklik angstig en buite beheer laat voel. Wanneer die ouer hierdie oefening met sy kind doen kan dit die kind heerlik geliefd laat voel en so ook spanning in die verhouding verminder.