Beweging vs Oefening – Die Verskil

Eye dominance and vision problems in children
October 29, 2018
Verbasende Voordele van Beweging – Meer as net Fisies
October 29, 2018

Deur Mari Bezuidenhout

Oefening is opsioneel; beweging is essensieël.  – Ben Medder

Oefening is ‘n moderne begrip, ‘n verpligting of ‘n taak wat ons flous dat ons na ons liggame se behoeftes omsien. Dit neig om pyn-aangedrewe, eerder as plesier-gemotiveerd te wees.  Die meeste oefenprogramme maak gebruik van masjiene wat op geïsoleerde oefeninge fokus en ons ‘eksperts’ maak in bewegings wat nie noodwendig prakties is nie, of baie beperk is. As dit boonop ’n verpligting is wat ons nie geniet nie, lei dit tot die vrystelling van streshormone soos kortisol wat nie goed is in oormaat nie. Oefening laat geen ruimte vir die ontwikkeling van vaardighede nie.

Beweging is ‘n totaal ander begrip! Wanneer ons beweeg, doen ons meer as om geïsoleerde spiere te oefen. Liggaamsbeweging is nie net die beheer van arms en bene nie; dit is ook vir ons kop en oë om visueel die wêreld om ons te verken, vir ons gesigsuitdrukkings om emosies te wys en vir artikulasie van ons lippe, tong en mond om te kan kommunikeer. Hier is ons nie besig om te oefen nie, ons is besig om te bewéég!

Om beheer te hê oor ons liggaamsbewegings, is dit noodsaaklik om interaksie te kan geniet met mense, voorwerpe en ons omgewing.

“The body will become better at whatever you do, or don’t do. You don’t move? The body will make you better at NOT moving. If you move, your body will allow more movement.” – Ido Portal

Ons is geneig om te dink dat die brein en liggaam apart funksioneer. Maar wat ons doen met ons lywe, kan ’n groot impak hê op ons geestelike welsyn.

Geestelike welsyn = om goed te voel, beide oor jouself en oor die wêreld om jou.

Dit bepaal of jy kan aangaan met jou lewe op die manier wat jy verkies.

Beweging behels soveel meer as net die fisiese verandering van posisie: ons beweeg ons liggame om ons behoeftes, emosies, gedagtes en idees uit te druk. Hoe goed ons beweeg – en hoe baie ons beweeg – bepaal tot watter mate ons betrokke is in ons omgewing en gee ons ‘n lewensdoel.

Beweging is hoe ons omgaan met die wêreld om ons.

 

Bronne:

www.benmedder.com/movement/

www.precisionnutrition.com/healthy-movement

www.nhs.uk/conditions/stress-anxiety-depression/mental-benefits-of-exercise/

Login

Lost your password?