Deur Melodie De Jager.
Navorsing wys daarop dat 60% van babas reeds op hul eerste verjaarsdag kan loop. Dit beteken hul is nou loop-mondig. Dit neem dus die meerderheid babas 21 maande (9 maande in die baarmoeder en 12 maande daarna) om gereed te wees om toe te tree tot die menslike spesie, Homo Sapiens. Sommiges babas neem veel langer weens beperkende omstandighede – gesondheid en ‘n tekort aan stimulasie en die geleentheid om vrylik op die grond te wriemel en beweeg.
Wat bydra tot ons begrip van die wonder van loop is dat dit saamhang met die mens se instinktiewe behoefte aan kos. Solank as wat ‘n mens nie self kan loop nie, is jy afhanklik van ander vir oorlewing. Dit is instink wat die kleinding aanpor om sistematies te ontwikkel in gereedheid vir díe groot stap.
Die natuur ondersteun instink met ‘n magdom primitiewe reflekse wat die mens se sintuie en spiere sistematies ontwikkel –
Dit is hierdie instinktiewe behoefte aan kos wat babas laat soek en soog. Baba redeneer nie kognitief en gee betekenis aan sensasies soos honger of dors en beplan dan hoe hul die behoefte gaan bevredig nie, babas doen dit refleksief met die hulp van die Soek-en- Suig refleks.
Wat verder fassinerend is, is dat die baba instinktief hul hande en voete ritmies saam met die suig-om-te-soog aksie beweeg. Daar is ook ‘n ander vorm van suig wat suig-vir-troos is, maar die hele meganiese aksie asook die funksie van die twee soorte van suig verskil. Suig-om-te-soog en die gelyktydige stimulasie van die bepaalde senuweebane wat al die pad van die brein na die hande en vingers, voete en tone reik, is die baan waaroor ons nou wil gesels.
Reflekse ontstaan in die oorlewingsbrein wat die breinstam en ruggraat insluit. Omdat die breinstam in die nek area voorkom en goed beskerm word met been, is die posisie van die nek belangrik. Kom ons noem dit nek-gesondheid, want die nek is die hoofaansluiting tussen die brein en die liggaam.
Nóg ‘n beter benaming vir die hoofaansluiting tussen die brein en die liggaam is breinstam-gesondheid. Saam met neuroloog en kollega, Dr Oleg Efimov, gesels ons in GRAVITY – a missing link in child development, oor die verband tussen die nek en die voete. Ons verken ook hoe die breinstam (in die nek) die sentrale vestibulêre sisteem insluit en hoe die vestibulêre sisteem die plek in die liggaam is waar ‘gravity meets cognition’. Maar sonder bewussyn van die voete, sukkel die vestibulêre sisteem om sin te maak van of jy sit, staan of lê; of jy beweeg of stil is; in watter rigting jy beweeg.
Verband tussen die voete, postuur, breinstam en kognisie. |
Breinstam-gesondheid en die voete het ‘n primitiewe verhouding wat reeds vroeg in ons jonger-jare bande oftewel neurobane smee en wat in stand gehou moet word in ons ouer-jare, sodat ons nie val nie en steeds onafhanklik kan loop en selfversorgend kan wees.
Parkinsons is die gevolg wanneer hierdie primitiewe verhouding versteur word.
Moedig almal aan om ‘n bal of ‘pool-noodle’ onder die voete te rol!
Lees meer oor hierdie onderwerp by:
https://www.mindmoves.co.za/2022/10/12/swaartekrag-n-waardevolle-teenverouderingsmiddel/