Deur Julie Wiid
In spanningsvolle situasies, skei die liggaam adrenalien en noradrenalien af, wat
Sensoriese inligting en prosessering word hierdeur direk geaffekteer en beperk. Produksie van adrenalien en noradrenalien veroorsaak verdere simptome van angstigheid, soos:
Hierdie fisiologiese effek van adrenalien en noradrenalien kan duidelik nie ten goede meewerk om leer en ontwikkeling te fasiliteer nie.
Die effek van adrenalien en noradrenalien kan egter omgekeer word deur middel van die direkte stimulasie van die Vagussenuwee (Yoshio et al 1999) en die gepaardgaande verhoging van die suurstofvlakke in die bloed. (Selliggaampies wat die strukture ondersteun deur die Vagussenuwee, is sensitief vir die suurstofkonsentrasie is die liggaam).
Die gevolg van die stimulering van verhoogde suurstofvlakke is dat die Vagussenuwee opdrag gee om te kalmeer en om die spiere te ontspan. Die funksies van sig, gehoor, suig, sluk en spraak verbeter wanneer die hartklop kalmeer, asemhaling stabiliseer en serebrale bloedvloei verhoog (Yoshio et al 1999), terwyl die liggaam terugkeer na ‘n optimale gereedheid vir leer en ontwikkeling.
Daarby vervul die Vagussenuwee ander funksies ook. Tydens emosioneel intense ervarings is die Vagussenuwee verantwoordelik vir die beheer van boodskappe wat na die limbiese sisteem oorgedra word. Hierdie sisteem versterk aandag, konsentrasie, motivering en geheue. Geheue en die emosionele validasie van persepsie is essensieel vir ‘n doeltreffende leerproses.
Daar is ook gevind dat die Vagussenuwee direk kommunikeer met die immuunsisteem deur asetiekolien. Stimulering van die Vagussenuwee stuur opdragte na die immuunstelsel om toksiese inflammasie te stop. Deur hierdie anti-inflammatoriese refleks oefen die Vagussenuwee beheer uit oor die inflammasie (Anon, 2007), en ondersteun sodoende fisiese welstand.
Fisiese ontwikkeling voorsien ‘n essensiële fondasie vir die emosionele, sosiale en kognitiewe ontwikkeling. Omdat die Vagussenuwee ‘n groot rol speel op die direkte impak van die fisiese ontwikkeling, is dit van uiterste belang dat spanning omgekeer word, om sodoende die effek van adrenalien en noradrenalien te herken en teë te werk. Vanuit ‘n Mind Moves ® perspektief word die Kragskakelaar hoog aanbeveel sodat die Vagussenuwee herprioritiseer in belang van ontspanning, konsentrasie en helderheid van denke (De Jager, 2019)
MIND MOVES KRAGSKAKELAAR
Vryf die effense duikie onder die sleutelbeen, inlyn met die linkeroog, totdat jy die elektriese prikkeling voel wat deur die Vagussenuwee na die spraak en maag vloei om jouself te kalmeer en skoenlappers te laat bedaar. (Gebruik die regterhand.)
Anon, n.d. Norepinephrine. [online]. http://en.wikipedia.org/wiki/norepinephrine [accessed 21 June 2010].
Anon, 2007. New Understanding of Vagus Nerve’s Role in Regulating Inflammation The Medical News 24 October 2007. [online]. http://www.news-medical.net/news/2007/10/24/31690.aspx [accessed 9 June 2010].
De Jager, M. 2020. Mind Moves Advanced Instructor Training Manual. Johannesburg: Mind Moves Institute.
De Jager, M. 2019b. Mind Moves – moves that mend the mind. Johannesburg: Mind Moves Institute.
Maree, E. 2009 Cranial Nerve X: Vagus Milestones [online]. http://mindmoves.co.za/articles.php [accessed 11 September 2009].
Yoshio, M., Tomoyasu, F. & Michikata, W .1999 Effects of Adrenaline on Vagus Nerve Reflexes [online] http://sciencelinks.jp/j-east/articles/199920/000019992099A0762309.php [accessed 22 June 2010].