DIE BYDRAE WAT SENIOR MIND MOVES KAN LEWER OM JOU BALANS TE VERBETER EN VAL TE VOORKOM

Swaartekrag: ‘n waardevolle teenverouderingsmiddel
May 17, 2024
School Readiness Doesn’t Begin in November
July 3, 2025

deur Susan Brits

Een van die mees gevreesde gedagtes vir ‘n ouer persoon is seker die vrees om te val.  Daar is gelukkig iets wat mens kan doen om dit te voorkom! Die belangrikste aspek is om nooit aan die woord “VAL” te dink nie.  Hoekom nie? Jou brein hoor heeltyd “Val, val, val.” Onthou jou brein is geniaal. As hy heeltyd hoor “Val, val, val”, dan gaan hy dit wil doen! So begin sommer vandag en herprogrammeer jou brein met ‘n kort en eenvoudige, maar baie belangrike sinnetjie!  Sê vir jou brein: “Ek bly regop.”

Walking, park and back of men outdoors for wellness, fresh air and health in retirement. Friends, fitness and legs of people on path in nature to relax for training, exercise and cardio workout Walking, park and back of men outdoors for wellness, fresh air and health in retirement. Friends, fitness and legs of people on path in nature to relax for training, exercise and cardio workout senior feet walking stock pictures, royalty-free photos & images

HOE DINK JY

As jy aan “Ek wil nie val nie” dink, hoor jou brein steeds die woord “VAL” en siedaar, die brein is gehoorsaam en jy … VAL.

Sê vir jou brein: “Ek bly regop”

Doen dit sommer gereeld.

HOE WERK BALANS

Ons almal is bewus van ons 5 buite-sintuie naamlik Tas, Ruik, Proe, Hoor en Sien.  Maar as ons meer wil weet oor ons Balans, gaan ons na een van die drie binne-SINTUIE moet kyk.  Dis die Vestibulêre sisteem.  Die Vestibulêre Sisteem speel ‘n baie belangrike rol in jou gehoor, jou balans en jou algemene gesondheid. Die belangrikste is om te weet  dat daar vog, kalsiumkristalletjies wat in die vog ronddryf en haartjies met senuwee-eindpunte in die Vestibulêre Sisteem.

Om jou Vestibulêre Sisteem te stimuleer deur spesifieke Mind Moves te doen, is verseker ‘n wenresep.  Behalwe dat dit die agteruitgang van jou gehoor vertraag, bevorder dit ook jou balans.  Dit kan vergelyk word met ‘n waterpas en ‘n sneeubal.  Om veilig en vas op jou voete te voel, moet mens balans in 3 rigtings hê, nl.

  • Vorentoe en agtertoe beweeg
  • Links en regs beweeg
  • Op en af beweeg.

tool ocnstruction level tool ocnstruction level on white isolated background spirit level stock pictures, royalty-free photos & images

Wanneer jy beweeg word jou balans versteur omdat die vloeistof in die BALANSSENTRUM beweeg.  Sodra jou balans herstel, sak die ‘sneeuvlokkies’, wat mos nou eintlik kalsiumkristalletjies is af, en jy voel weer veilig en vas op jou voete.

Beweging is die natuur se manier om die waterpas se ‘borrel’ in die middel te kry en te hou, dan is jy regop. Wanneer jy krom word werk die brein se waterpas nie meer mooi nie en val word ‘n groter werklikheid.

‘n Mens se ore speel ‘n baie belangrike rol in jou regop-bly, balans, algemene gesondheid en onafhanklikheid.

BETER JOU BALANS

Senior Mind Moves het ‘n paar bewegings wat jou balans in stand kan hou, en selfs verbeter. Asem in voor elke beweging en uit terwyl jy die beweging doen. Herhaal elke beweging ten minste 3 keer vir goeie resultate.

Mature couple exercise outdoors Try to maintain healthy fitness habits older person balance stock pictures, royalty-free photos & images

Antenna versteller

Klik hier: https://www.youtube.com/watch?v=VZQ8ZqVqaKo

Waarde: Ontwikkel balans, gehoor en geheue. Help om spiere soepel te hou en regop te bly. Help vir rustige slaap as dit voor slaaptyd gedoen word.

Temporale tikkies

Klik hier: https://www.youtube.com/watch?v=UQ7LXG_SHpY

Waarde: Soos mens ouer word, kan die vog in die ore dikker word.  Vibrasie van die skedel beïnvloed die vog, daarom help dit dat die vog nie dik word nie. Dit is dus goed vir balans en luistervermoë.

As daar iets fout is met mens se Vestibulêre Sisteem, word jou balans geaffekteer.  Die gevolg is dat mens dan jou oë gebruik om jouself regop te hou.  Dit kan ‘n rede wees waarom mens karsiek word of dat dit makliker is om trappe óp te klim as om af te klim.  So ‘n persoon sal ook nie daarvan hou om met ‘n roltrap of in ‘n hysbak te ry nie, en so krimp ‘n mens se lewe onnodiglik.

Die ander deel van ons balanssentrum vind ons in jou NEK. Die nek moet die kop stabiel hou, reg in die middel tussen:

  • Vorentoe en agtertoe beweeg
  • Links en regs beweeg
  • Op en af beweeg.

Senior Mind Moves het ‘n paar bewegings wat jou nekspiere in stand kan hou, en selfs verbeter. Asem in voor elke beweging en uit terwyl jy die beweging doen. Herhaal elke beweging ten minste 3 keer.

Nekversterker

Klik hier: https://www.youtube.com/watch?v=gnvzbFtvNvg

Waarde:  Dit is so belangrik om ons nekspiere te versterk, maar terselfdertyd ook te kan ontspan. Dit verbeter jou liggaamshouding, luistervaardighede en balans.

Nekdraaier

Klik hier: https://www.youtube.com/watch?v=wRsi1Kk9ygo

Waarde: Deur die NEKDRAAIER te doen, word stywe nek- en skouerspiere verleng en verbeter jou vermoë om jou kop te draai en te ontspan.

Navorsing het getoon dat mens se lyf geneig is om te gaan daar waar jou kop heen gaan. So die posisie van jou kop op jou lyf, bepaal jou liggaamshouding of POSTUUR.  Daar is verskeie redes waarom ‘n swak postuur so gevaarlik is. Dit kan daartoe lei dat mens begin om krom te loop en dan ook meer geneig is om te val.

‘n Swak postuur word gewoonlik veroorsaak deur stywe of swak spiere wat weer veroorsaak word deur te min beweging.  Dr David Snowden glo dat gereelde, flink stap seker die maklikste en moontlik die beste manier is om die postuur, balans en gesondheid te bevoordeel.  Om hak-tot-toon, hak-tot-toon te stap, verbeter nie net die gemoed en postuur nie, maar ook bloedsomloop en breinaktiwiteit.

Hoe om val te voorkom?  Klik hier vir die video deur Celeste van der Walt.

Om beweging met RITME te doen is pret en hou baie gesondheidsvoordele in.  Sit jou geliefkoosde musiek op en doen die Mind Moves bewegings met musiek in die agtergrond of kliphard. Maak dit deel van jou stiltetyd of kry bietjie heimwee as mens dit saam met al die GOLDEN OLDIES doen.

Nog maniere om ons balans te verbeter:

  • Wieg of swaai gereeld
  • Dans alleen of saam met iemand
  • Loop kaalvoet
  • Rol ‘n tennisbal onder jou voet

Veroudering begin by ons VOETE.  Die senupunte onder die voete verdof, dan kry die brein nie altyd die regte boodskap nie.  Deur kaalvoet te loop, veral op die gras en grond, word die reseptore gestimuleer, en dit help dan dat mens meer geanker voel.  Dus is mens se balans soveel beter. Die tennisbal maak ook jou brein bewus van jou voete en dit alles maak dat die sintuie, brein, spiere en neurobane goed saamwerk om jou te help om regop te bly.

Young woman doing walk-meditation in her garden Young woman doing walk-meditation in her garden [model with a simple catalogue tattoo] barefoot on grass stock pictures, royalty-free photos & images

Die waarde van goeie balans: Hoe meer stabiel jou lyf is, hoe meer stabiel is jou emosies en hoe helderder is jou geheue en gedagtes.

Die beste manier om ‘n kwaliteit lewe te handhaaf, is om aan te hou beweeg. GEORGE BURNS het nie verniet gesê:

“If you want to live to be a hundred years or older, you can’t just sit around waiting for it to happen. You have to get up and go after it!

www.seniormindmoves.co.za

BRONNELYS:

  • Melodie de Jager Dink Dinamies
  • Melodie de Jager Senior Mind Moves Opleidingshandleiding
  • Celeste van der Walt Oudword is nie Oudwees nie.

Login

Lost your password?