Dr. Melodie de Jager
Negatiewe vrees vir mislukking is ‘n oorlewingsbreinfunksie. Met hierdie deel van die brein dink jy nie logies voordat jy reageer nie. Sonder rasionele denke om logiese analise, redenering en kreatiewe probleemoplossing te stimuleer, asook positiewe emosies om geheue en motivering te aktiveer, kan jy nie konsentreer om die toetsvrae korrek te lees en hulle goed te antwoord nie. Jy mag net ‘n woord hier en daar vluglees, raai wat gevra is en enige antwoord wat in jou gedagtes opkom, neerskryf.
In teenstelling met ‘n negatiewe vrees vir mislukking, stel ‘n positiewe vrees vir mislukking jou in staat om wakker te wees, te fokus, te konsentreer en sorgvuldig en met begrip te lees. Nou kan jy die toets of eksamen benader as ‘n uitdaging om al jou kennis, kreatiwiteit en passie in te span om te wys waartoe jy instaat is. Sukses is dan ‘n gegewe.
Om ‘n negatiewe vrees vir mislukking te oorkom:
Eet KOS – nie gemors nie. Water is breinbrandstof. Versterk die noodsaaklike vaardighede vir toets skryf deur ‘n paar slukkies water te neem, jou hande en vingers ‘n paar keer wyd oop te strek, en die volgende Geheue- en selfversekeringstoetsskryf Mind Moves voor jy ‘n toets of eksamen skryf.
Vryf die holte net onder die sleutelbeen in lyn met die linkeroog. Hierdie oefening herstel die elektriese vloei via die vagussenuwee na die spraakorgane en maag om senuweeagtigheid te verlig en ‘n mens te help om met gemak te praat.
Masseer albei oorskulpe gelyktydig van bo na onder met sirkelbewegings. Hierdie oefening ontwikkel die naby sintuie, ouditiewe prosessering, ouditiewe persepsie en reseptiewe taalvermoë.
Die oë is die brein se rekenaarmuis – hulle aktiveer verskillende dele van die brein wanneer hulle opwaarts, afwaarts, horisontaal, na links en na regs draai. Hou die duim op elmboogafstand van die oë af en fokus daarop. Beweeg die duim opwaarts, eers rondom die linkeroog en dan rondom regteroog. Herhaal vyf maal. Ruil hande om en herhaal dieselfde proses. Trek altyd eers ‘n sirkel om die linkeroog en dan om die regteroog. Hierdie oefening stimuleer die visuele, ouditiewe en kinestetiese resepsievermoë. Terselfdertyd word die middellyn gekruis om die linker- en regterkantste dele van die brein en liggaam te integreer. Dit ontwikkel ook hand-oog-koördinasie en visuele integrasie.
Lê plat op die rug. Lig die linkerarm en linkerbeen stadig op. Ontspan. Lig nou die regterarm en -been stadig op. Ontspan. Herhaal minstens 10 maal. Doen die oefening staande wanneer dit glad uitgevoer kan word in ‘n liggende posisie. NB: Volg altyd op met ‘n Bilaterale mars. Hierdie oefening ontwikkel heupbuiging asook die linker- en regterbrein, onderbreek onwillekeurige beweging, en verlig impulsiewe en hiperaktiewe beweging.
Raak met die linkerknie en die regterhand aan mekaar deur die bolyf te draai om die teenoorgestelde skouer en heup na mekaar toe te bring, met die ander arm en been gestrek. Raak nou met die linkerhand aan die regterknie en strek die ander arm en been. Hierdie oefening stimuleer links-regs-integrasie deur die kruising van die laterale middellyn. Doen dit verkieslik eers in ‘n liggende posisie en dan in ‘ n staande posisie. Herhaal ten minste 10 maal. Die oefening kan ook gedoen word terwyl ‘n mens sing of papegaaiwerk leer. Hierdie oefening integreer die linker- en regterkantste dele van die brein en liggaam deur die middellyn te kruis. Wanneer dit met die oë in die visuele, ouditiewe en kinestetiese posisies gedoen word, word al drie middellyne gekruis.
Gooi die arms wyd oop en asem diep en stadig in. Kruis dan die arms oor die bors in ‘n omhelsende gebaar, en asem diep en stadig uit. Die ouer kan die kind terselfdertyd van agter af omhels. Hierdie oefening bevorder ontspanning, ritmiese asemhaling en ‘n gevoel van behaaglikheid.
De Jager, M. 2019. Mind Moves – moves that mend the mind. Johannesburg:Mind Moves Institute