Deur Dr Renée Small
Vrese en bekommernisse is deel van die verskeie aanpassingsfases in kinderontwikkeling. Wanneer angs en vrees egter buitensporig en aanhoudend voorkom, en ‘n sigbare nood en versteurings in ‘n kind se daaglikse lewe veroorsaak, kan hierdie vrese en bekommernisse styg tot vlakke van kliniese angsversteurings.
Vrees is die emosionele reaksie vir ‘n regte bedreiging soos ‘n slang wat voor jou in die pad lê, of ‘n verbeelde bedreiging soos om bang te wees vir die donker.
Angs word egter geassosieer met die antisipering van ‘n bedreiging in die toekoms – soos om bekommerd te wees dat jy nie jou Wiskunde toets gaan slaag nie. Al kan beide van hierdie toestande soms saam voorkom, verskil vrees daarvan dat dit neig om outomaties na die “veg of vlug” respons oor te skakel, terwyl angs spierspanning en hiper-waaksaamheid veroorsaak in die afwagting van die toekomstige bedreiging (American Psychiatric Association, 2013).
Hierdie twee toestande dien as beskermende funksies, maar wanneer dit chronies en aanhoudend voorkom, het dit afbrekende gevolge op ‘n sosiale vlak, in die klaskamer en by die huis.
As jy weer na die definisies van vrees en angs kyk, besef jy hoe krities is die manier waarop ‘n kind ‘n stresvolle situasie ervaar en daarna kyk, omdat dit bepaal hoe hulle teenoor die stressor kan reageer. Ons fokus is gewoonlik op die kind se gedrag (angs) en jy as ouer kan gefrustreerd en magteloos voel omdat jy nie weet hoe om jou kind se vrees en angstigheid te verminder in ‘n situasie wat nie eintlik enige bedreiging inhou nie.
Een van die belangrike oorsake van angs in baie kinders is ‘n hipersensitiwiteit vir sensories insette soos klank, aanraking, lig, smaak, teksture, temperatuur, reuke, beweging en balans. Angstigheid ontstaan wanneer ‘n kind akkurate en nie-bedreigende sensoriese insette ontvang, maar die oomblik wat hulle probeer om sin te maak van daardie insette, vind miskommunikasie plaas en die inligting word geïnterpreteer as ‘n bedreiging. Die outomatiese reaksie word deur vrees geaktiveer en hulle reageer dan met “vries, veg of vlug”.
Wanneer die sensoriese insette aanhoudend inkom en dit heeltyd gemisinterpreteer word, word hulle later deur die vrees gekondisioneer en die kind kan begin om met chroniese angstigheid saam te lewe. Wanneer ‘n kind sukkel om sensoriese insette te prosesseer (sensoriese integrasie) en hoë vlakke van angstigheid ervaar, of angstig is vir geen skynbare rede nie, kan dit ‘n oorsaak wees van ‘n aktiewe Wegtrekrefleks – die grondslag van alle ander reflekse.
‘n Refleks is “’n outomatiese, instinktiewe, ongeleerde reaksie tot ‘n stimulus” (Goddard Blythe, 2012) wat uitgevoer word sonder om daaroor te dink. Baie van die intrauterien en primitiewe reflekse onstaan tydens lewe in die baarmoeder en is aktief vir die eerste paar maande van lewe na geboorte. Dit word geleidelik onaktief soos hoër funksies van die brein ontwikkel. As hierdie reflekse aktief bly en nie op die regte tyd inhibeer nie, kan dit ontwikkelings- en leerblokkasies veroorsaak (Goddard Blythe, 2012).
As die Wegtrekrefleks nie die beoogde roete van onwikkeling volg om die hoër funksies die brein te integreer nie, kan die kind vasgevang word in ‘n toestand van vrees (De Jager, 2017). Dit kan soos volg by ‘n kind te voorskyn kom:
Neem jou regterhand en plaas dit op die linkerkant van jou borsbeen en vryf die inkeping net onder jou sleutelbeen. Dit is ongeveer in lyn met jou linkeroog. Vryf stadig in sirkelbewegings, op en uit, soos die water uit ‘n waterfontein sal loop.
Vryf beide ore, van bo na onder in sirkelbewegings. Herhaal drie maal.
Die kind staan regop met hulle arms 90° uitgestrek langs hulle liggaam. Die ouer staan agter die kind en trek die buitelyn van die kind se liggaam van hulle kop tot by hulle tone. Druk hulle voete vir ‘n oomblik styf teen die grond vas. Herhaal dit drie maal.
Maak die arms wyd oop terwyl jy diep en stadig inasem. Wanneer jy uitasem, maak jou arms toe oor jou bors terwyl die ouer op dieselfde tyd die kind ‘n drukkie van agter af gee.
American Psychiatric Association, 2013. Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (DSM-5). 5th ed. Arlington, VA: American Psychiatric Association.
Blythe, S. G., 2012. The Right To Move: Assessing Neuromotor Readiness for Learning – Why physical development in the early years suppports educational success.. In: C. Clouder, B. Heys, M. Matthe & P. Sullivan, eds. Improving the Quality of Childhood in Europe 2012. East Sussex: ECSWE, pp. 16-39.
De Jager, M., 2009. Mind Moves – Removing Barriers to Learning. Welgemoed: Metz Press.
De Jager, M., 2016. Mind Moves – Moves the Mend the Mind. 2nd ed. Johannesburg: Mind Moves Institute.
De Jager, M., 2017. Advanced Mind Moves Instructor Training Manual. Johannesburg: Mind Moves Institute.
Goddard, S., 1995. The Role of Primitive Survival Reflexes in The Development of the Visual System. Journal of Behavioral Optometry, 6(2), pp. 31-35.
MacLean, P., 1990. The Triune Brain in Evolution: Role in Paleocerebral Functions.. New York: Plenum Press.