SWAARTEKRAG: Die verhouding met die vestibulêre sisteem en die impak wat dit het op ons emosies (limbiese sisteem) en ons denke (kognitiewe brein)

Die vel, voeding en vroeë spraakontwikkeling
September 19, 2023
Sit stil en bly stil!
September 19, 2023

Deur Dr. Melodie de Jager

Kom ons kyk na SWAARTEKRAG: Die verhouding met die vestibulêre sisteem en watter impak het dit op hoe ons voel (limbiese sisteem) en hoe ons dink (kognisie/korteks).

SWAARTEKRAG

Swaartekrag is ‘n krag wat alles op aarde bymekaar hou. In Suid-Afrika hang ons letterlik almal onderstebo, so ook ons yskas, kar en koffie.

Hoekom mors ons nie koffie nie? Swaartekrag. Hoekom sweef die potte nie oor die stoof en mors warm kos nie? Swaartekrag. Hoekom staan ons hare nie regop nie? Dit is veronderstel om so te wees, want ons hang mos eintlik onderstebo, maar dit staan nie regop nie. Hoekom? Swaartekrag. Hoe onthou jy waar jy jou sleutels gebêre het? Swaartekrag. Of hoe om ‘n b/d of p te vorm? Swaartekrag. Of dat 6 voor 7 op die getallelyn is? Swaartekrag.  Hoe bly water in die oseaan? Die antwoord bly – SWAARTEKRAG.

Kan jy jouself indink watter chaos sal heers as die aarde swaartekragkrag verloor? Alles sal rond sweef en wanordelik wees.  Niks sal voorspelbaar wees nie. As gevolg van die afwaartse krag van swaartekrag, weet ons, “wat opstyg, sak af”.  Dit is voorspelbaar, en die bewustheid van AF, tree op as ‘n anker, ‘n vaste punt, ‘n raamwerk – HUIDIGE POSISIE. Wanneer jy weet waar AF is, kan jy ontspan, beplan, en selfs die geringste taak , soos tandeborsel, organiseer. Niks wat ons op enige gegewe dag doen, word nie deur swaartekrag beïnvloed nie.

SWAARTEKRAG is ‘n misterieuse krag wat die mees sigbaarste is in sy afwesigheid.

 Ons het baie by ruimtevaarders oor swaartekrag geleer – beide wanneer hulle in die ruimte is, maar veral ook oor hul toestand wanneer hulle terugkeer na die aarde toe. Dit was slegs met hul terugkeer uit die ruimte dat wetenskaplikes regtig kon verstaan wat die impak van swaartekrag is. Dit het ruimtereisigers maande geneem om weer normaal te funksioneer en te voel, ondanks die feit dat hul almal hoogs intelligente mense was. Wanneer hulle teruggekeer het aarde toe, was hul liggame, emosies en verstand baie geaffekteer.  Hulle spiertonus was baie laag. Hulle het ongekoördineerd, gedisoriënteerd, verward, ongeorganiseerd en angstig gevoel. Hulle het gesukkel om te konsentreer, om sinvol te praat en het selfs tekens van disleksie getoon. Dit het verder geblyk asof hulle aansienlik verouder het.

Wat leer ruimtevaarders ons van swaartekrag?

Ruimtevaarders het vir ons ‘n kykie gegee in hoeveel tyd en koesterende versorging babas nodig het, want kondisies in utero is bietjie soos in ‘n ruimtetuig.  Ruimtevaarders het ook vir ons ‘n idee gegee hoe dit vir ‘n kind, ‘n volwassene of ouer persoon voel wanneer hulle vestibulêre sisteme nie behoorlik werk nie.

Wanneer die vestibulêre sisteem nie optimaal funksioneer nie voel jy:

  • Swak en lusteloos (lae spiertonus)
  • Gedisoriënteerd (swak sin van rigting en volgorde asook konsep van tyd, dae van die week, 123, abc, ens.)
  • Verward (verlore en verloor goed)
  • Ongeorganiseerd (swak ruimtelike oriëntasie)
  • Ongekoördineerd en lomp
  • Angstig
  • Hiperaktief (te veel beweging) of hipoaktief (baie min beweging)
  • Kort aandagspan
  • Swak konsentrasie
  • Swak eetgewoontes
  • Sukkel om duidelik en verstaanbaar te praat
  • Lees en skryf is ‘n uitdaging
  • Tipiese gedrag geassosieer met disleksie, diskalkulie, afasie, ens. is meer algemeen.

As jy nie ‘n ruimtereisiger is nie, sal ‘n span neuroloë, sielkundiges, psigiaters, fisioterapeute, dieetkundiges, arbeidsterapeute en spraakterapeute oorweeg word om die bogenoemde simptome, wat blyk niks in gemeen het nie, te behandel.

Deur middel van die ruimtevaarders se ervaring het die grootsheid van swaartekrag op die aarde duideliker geword. Vir ons by die Mind Moves Instituut, is die invloed van swaartekrag op die mens, ongeag hul ouderdom, absoluut verstommend. Ons het nie al die antwoorde nie, maar slegs ‘n kykie op die kompleksiteit en impak van die verhouding tussen swaartekrag en menslike funksionering.

Dit is die verhouding tussen die voete, postuur en die vestibulêre sisteem wat ons as BabaGim Instrukteurs, Mind Moves Instrukteurs en Senior Mind Moves fasiliteerders opgewonde maak.

Swaartekrag en die vestibulêre sisteem

By die Mind Moves Instituut beskryf ons die vestibulêre sisteem as die fondasie van die De Jager huis-model van breinfunksionering.

Ons weet die vestibulêre sisteem is betrokke met  –

  • Sensoriese integrasie – integrasie van inligting vanaf die binnesintuie (propriosepsie, vestibulêre sisteem) en buite sintuie (tas, reuk, smaak, gehoor en sig)
  • Stuur van sensoriese inligting na die limbiese sisteem waar emosionele response net soos gom die inligting en ervarings vasplak in die geheue, en net soos brandstof energie verskaf om aandag te gee en gemotiveerd te voel om te wil leer voordat
  • sensoriese inligting omskep word in persepsies in die sogenaamde denkende brein (korteks).

By die Mind Moves Instituut verstaan ons ook dat die vestibulêre sisteem ‘n rol speel om die spiere voor te berei vir aksie (kinese, spiertonus). Hierdie proses laat inligting van sensoriese insette, na limbiese reaksies vloei en vandaar na die prefrontale korteks vir prosessering voordat dit weer deur die limbiese sisteem beweeg om relevansie en belangrikheid te valideer, voor enige oorgang na ‘n motoriese aksie.

Gedrag is ‘n produk en dui op die effektiwiteit van die vloei van die inligting tussen die sintuie, brein en spiere.

By die Mind Moves Instituut verstaan ons dat ‘n gesonde vestibulêre stelsel nodig is vir babas, kinders en volwassenes om in ‘n ritmiese en gekoördineerde wyse te beweeg, vol selfvertroue te voel en helder te dink.

Dit is waarom ons die beginsels van Biomimikrie gebruik om te bepaal wat kom eerste, want dit berei die pad voor vir dit wat tweede, derde en vierde kom. Daarom begin BabaGim, Mind Moves en Senior Mind Moves by die ontwikkeling en integrasie van die VEL en vorder dan tot die ontwikkeling en integrasie van die VESTIBULêRE SISTEEM voordat reuk, smaak, gehoor en sig optimaal werk.

Ons verstaan die sentrale vestibulêre sisteem is in die breinstam (drie vestibulêre nukleus aan die linkerkant en drie aan die regterkant) en dat swak bloedsirkulasie in die breinstam die vestibulêre sisteem kan ontneem van suurstof, wat nodig is vir die vestibulêre sisteem om te ontwikkel. Ons verstaan ook dat die periferale vestibulêre sisteem in die binne-oor is, en bestaan uit drie semi-sirkulêre kanale en twee otoliet organe. Verder verstaan ons die funksie van die sakkule, een van die twee otoliet organe in elke oor, is om die bewussyn van swaartekrag te versterk. Dit gebeur wanneer die sakkule interaksie het met die swaartekrag reseptore in die voetsole, sodat ‘n persoon letterlik inprop in swaartekrag.

BabaGim en Mind Moves Instrukteurs stimuleer vir etlike jare reeds hierdie komplekse sisteem deur die ore te masseer, die voete ferm op die grond te plant en die kop in verskillende rigtings te draai om suurstof te verskaf aan die vestibulêre nukleus. Volgens  ons Russiese kollega, die neuroloog Dr Olek Efimov, is beweging en massering die enigste twee maniere om ‘n positiewe verhouding tussen swaartekrag en die vestibulêre sisteem te bewerkstellig.

Wat van Senior Mind Moves fasiliteerders? Hulle fasiliteer hierdie proses op ‘n wyse wat baie meer toeganklik is vir ouer mense – ritmiese haak-teen-toon loop ontwikkel die swaartekrag-vestibulêre konneksie. Hulle masseer ook die ore en moedig hul kliënte aan om vir hulself te sorg deur diepdruk toe te pas wanneer hulle stort, lyfroom aansmeer en hulself ‘n stywe drukkie te gee.

Ons BabaGim, Mind Moves Instrukteurs en Senior Mind Moves fasiliteerders merk konstant verbetering op in hul kliënte se fisiese-, sowel as emosionele welstand en verstandelike helderheid. Dis te danke aan ons eenvoudige maar effektiewe benadering. Proprioseptiewe en taktiele stimulasie eerste, en tweedens beweging op verskillende maniere en in ‘n verskeidenheid rigtings. Hierdie benadering het oor die jare gewys dat dit –

  • ‘n gesonde liggaamskaart in die brein ontwikkel
  • die behoefte om aanraking te vermy vervang word deur aanraking as positief en vertroostend te ervaar
  • angstigheid verlaag en ‘n gesonde, ontspanne maar wakker toestand verhoog
  • ‘n passiewe en meer sittende leefstyl verruil word vir ‘n groter sin van swaartekragsekerheid wat die behoefte vir beweging motiveer, spiertonus verhoog en verstandelike helderheid verbeter.

Swaartekrag en die limbiese sisteem

Ons het dit self ervaar en ons kliënte kan daarvan getuig dat ‘n funksionele vestibulêre sisteem geassosieer kan word met ‘n sin van veiligheid en sekuriteit. Volgens neuroloog, Dr Oleg Efimov en sy span kollegas, begin die vestibulêre sisteem in die breinstam en is dit ook betrokke met die ontwikkeling van die limbiese sisteem waar dit rondom die hippocampus vorm. So word ‘n kaart van die omgewing gevorm en is die rede waarom geheue geassosieer word met ‘n plek/area.

‘n Foutiewe vestibulêre stelsel ondermyn die ontwikkeling van bekende omgewingskaarte en mag bydra tot lompheid, ongekoördineerde beweging en ‘n neigdheid om ‘n ongeluksvoël genoem te word. ‘n Foutiewe vestibulêre stelsel dra ook by tot ‘n gevoel dat mens verdwaal of  verlore is wat gepaard gaan met ‘n gevoel wat ‘n mens emosioneel blootstel. Volgens wetenskaplikes en sielkundiges wat die vestibulêre sisteem en die skakel met die limbiese sisteem bestudeer, word dit al hoe duideliker dat psigologiese kondisies (psigose en neurose) ‘n fisiese eerder as ‘n sielkundige oorsprong kan hê.

As jy aan ‘n persoon dink wat byvoorbeeld depressief voel, dink hoe lyk hulle postuur. Geboë? Nie net wys navorsing dat die kop se “gewig” meer raak wanneer dit wegbeweeg van die natuurlike regop posisie nie, dit wys ook dat ‘n geboë postuur konsentrasie wegneem van helder denke.

Swak postuur neem nie net konsentrasie weg van helder denke nie, swak postuur verskaf ook ‘n onstabiele basis vir die oë om te fokus op die omgewing boeke en skerms wat weer met ‘n gevoel van ‘dom’ gepaard gaan.

Hoe spreek BabaGim en Mind Moves Instrukteurs postuur en oogbewegings aan? Ons almal werk konstant om balans te ontwikkel, daardie stil plek vol selfvertroue waar die liggaam sonder enige inspanning stil en regop kan wees, met die oor, skouer, heup, knieë en enkels in lyn met mekaar. Dit begin met die voete wat ferm in swaartekrag geplant is en ‘n denkbeeldige toutjie wat die kop optrek en toelaat dat die ruggraat so reguit is soos ‘n string pêrels wat hang. ‘n Regop postuur ondersteun gesonde emosies, konsentrasie en helder denke.

Swaartekrag en kognisie

Het jy al gewonder wat het kognisie, swaartekrag en die vestibulêre sisteem ingemeen? Kognisie kan gedefinieer word as die vermoë om aangepaste gedrag te toon. Die vestibulêre sisteem is neurologies verbind tot die kognitiewe sentrums van die brein om ‘n stabiele basis van verwysing en ‘n sin van rigting te voorsien, vanwaar ‘n sin van volgorde ‘n natuurlike gevolg is. Sonder om gegrond te wees in swaartekrag, is enige volgorde in syfers, letters in ‘n woord, woorde in ‘n sin of lees moeilik. Gevolglik kan logiese denkprosesse ook ingeboet word.

Samevattend

Sonder ‘n liggaamskaart in die brein en sonder ‘n kaart van die omgewing en die vermoë om met selfvertroue te beweeg, is motoriese beplanning moeilik wees. Dit maak beweging met selfvertroue nog moeiliker en duidelike en samehangende spraak ‘n uitdaging.

Dit beteken dat ‘n gesonde verhouding met swaartekrag en ‘n volledige ontwikkelde vestibulêre sisteem denke en hoogs kognitiewe funksies, soos lees en skryf, ondersteun. ‘n Foutiewe vestibulêre sisteem of  ‘n swak konneksie tussen die swaartekrag reseptore en die vestibulêre sisteem, mag wees hoekom disleksie eerder gesien kan word as ‘n foutiewe stelsel, as ‘n kondisie.

Leerders en volwassenes wie beserings opgedoen of trauma ervaar het, benodig:

  • diep en reëlmatige asemhaling
  • om met swaartekrag te her-konnekteer
  • om suurstoftoevoer na die vestibulêre sisteem en die res van die brein te optimaliseer deur doelgerigte en stadige bewegings van die kop en nek spiere
  • anti-swaartekrag bewegings te doen terwyl hul plat lê en later terwyl hul opstaan om spiertonus te verbeter en ‘n regop postuur te ontwikkel.

Moenie haastig wees nie. Ontwikkeling neem tyd en herhaling.

Gravity – A missing link in child development

Neuro Dynamix van Skryf en Lees:

Neuro Dynamix PRACTITIONER

Login

Lost your password?