In less than two generations, physical activity has dropped by 20% in the U.K. and 32% in the U.S. In China, the drop is 45% in less than one generation. Vehicles, machines and technology now do our moving for us. What we do in our leisure doesn’t come close to making up for what we’ve lost”
A Physical Activity Action Agenda
Ongeag ouderdom, het stilsit ‘normaal’ geword. Deesdae ontbreek die verbinding tussen mense se breine en hul liggame, want ons dink die liggaam en die brein het niks met mekaar te doen nie. Ons besef nie dat daar baie min verskil is in die manier waarop die brein dink en die manier waarop die liggaam beweeg nie. Denke en beweging is verweef met mekaar en wanneer die een afneem, het dit ‘n effek op die ander een.
Ons werk in beroepe waar ons liggame staties is – ons sit by lessenaars en kliek op rekenaarknoppies of ons sit voor die TV vir die grootste deel van die dag. Die noue verhouding tussen ons liggame en ons bewegings is so te sê vergete, of word dikwels geïgnoreer. Dis asof ons liggame bloot ‘vervoertoestelle’ geword het om ons koppe rond te dra en ons word eintlik net bewus van ons liggame wanneer iets fout gaan.
Oefening is opsioneel. Beweging is essensieel”
Ben Medder (Bewegings Kenner)
Oefening is ’n moderne begrip. Om te oefen het ’n plig of ’n taak geword wat ontwerp is om ons maklik te kan flous dat ons na ons liggame se behoeftes omsien. Oefening is dikwels pyngedrewe, eerder as plesier-gemotiveerd en vandaar die uitdrukking ‘NO PAIN NO GAIN’.
As ons vir ‘n uur of wat gimnasium toe gaan, merk ons mense se oefenprogramme maak dikwels van masjiene gebruik wat elkeen op geïsoleerde spiergroepe fokus. Dit is ‘n skitterende benadering om op geïsoleerde oefeninge te fokus wanneer ‘n persoon beseer was en ‘n spiergroep moet herstel. Dit laat egter nie ruimte vir vaardigheidsontwikkeling nie – die liggaam werk as geheel en nie as ‘n versameling geïsoleerde spiergroepe nie. Sommige persone is van mening dat oefenmasjiene die enigste manier is om aan die liggaam se behoefte aan beweging, aandag te gee. Dit is egter nie prakties ter ondersteuning van ons alledaagse lewe nie.
‘n Russiese neurofisioloog, Nikolai Bernstein, het beweging bestudeer om die funksionering van die brein te verstaan. Hy het instrumente gebruik wat beweging geregistreer het op verskillende punte waar ‘n persoon byvoorbeeld met ‘n hamer gewerk het.
Bernstein het besef dat wanneer ‘n persoon besig is met ‘n spesifieke taak, hulle nie dieselfde beweging twee keer herhaal nie. Elke nuwe beweging is meer verfynd as die vorige een en kom nader aan die spesifieke doelwit. Daar is ‘n rede vir elke beweging in die brein in gekodeerde formaat. Die brein ‘sien’ die einddoel van die taak voordat dit begin beweeg.
Beweging is ’n totaal ander begrip. Wanneer ons beweeg, doen ons meer as om geïsoleerde spiere te oefen. Ons is nie besig om te oefen nie, ons is besig om te beweeg. Om beheer oor ons liggaamsbewegings te hê, is noodsaaklik om onafhanklik te kan funksioneer in die samelewing en om vrylik in die omgewing rond te beweeg – te kan was, aantrek, ‘n mes en vurk te hanteer, op te staan, te stap, ens. Om beheer te hê oor ons liggaamsbewegings is ook noodsaaklik vir interaksie met ander.
Beperkte beweging krimp ons lewens wat kan lei tot vereensaming, terwyl vrye beweging ons lewens verruim.
Liggaamsbeweging is nie net die beheer van ons arms en bene nie. Liggaamsbeweging begin by kopbeheer en die vermoë om jou kop regop te hou, want wanneer jou kop stabiel en regop is, kan jy:
The body will become better at whatever you do, or don’t do. You don’t move? The body will make you better at NOTmoving. If you move, your body will allow more movement.”
Ido Portal
Beweging behels soveel meer as net die fisiese verandering van posisie. Saam met die beweging van ons liggame beweeg ons behoeftes, emosies, gedagtes, idees en maniere waarop ons onself uitdruk. Beweging is hóé ons met die wêreld om ons omgaan. Beweging help ons om kontak met ander te maak en om vriendskapsbande te vorm. Hóé goed ons beweeg en hoe baie ons beweeg – bepaal tot watter mate ons betrokke kan wees in ons gemeenskap en dít bou selfvertroue en gee ons ’n lewensdoel.
’n Tekort aan beweging, van byvoorbeeld die gesigspiere, beïnvloed verhoudings. ‘n Studie het byvoorbeeld gevind dat dit baie moeilik is vir mense om iemand se emosie te ‘lees’ wie se gesigspiere verlam is deur Botox, en nie hul emosies kon beskryf nie. Ons moet mekaar se liggaamstaal en gesigsuitdrukkings kan ‘lees’ en kan weerspieël om emosioneel en verstandelik met ander oor die weg te kan kom en te floreer.
Beweging gee ons ’n ryk uitdrukkingstaal wat veel meer as blote woorde oordra. Dr Mehrabian se navorsing dui daarop dat slegs 7% van kommunikasie in woorde is, 93% van kommunikasie is opgesluit in hoe jy klink en wat jou lyftaal wys. Deur met jou hele liggaam te kommunikeer help ons om meer vervullende, langdurige verhoudings te vorm met minder misverstande of kommunikasiegapings. Dink maar net aan daardie deurborende kyk en die waaiende vinger wat jou ma jou gegee het as sy weet jy het droog gemaak, geen woorde was nodig nie – jy het die boodskap duidelik ontvang!
Mens is geneig om te dink dat denke ’n proses is wat slegs in ons koppe gebeur, maar in werklikheid is daar sprake van beliggaamde kognisie – ‘embodied cognition’. Dit beteken die liggaam se bewegings beïnvloed breinfunksies soos die verwerking van inligting en besluitneming, en breinfunksies beïnvloed hoe ons beweeg. Ons denke word dus eintlik deur ons hele liggaam gevorm. Navorsing wys dat beweging en ons denke nou verweef is. Die cerebellum – daardie gedeelte aan die basis van ons brein wat voorheen beskou is as bloot verantwoordelik vir balans, postuur, koördinasie en motoriese aanleg, ook ’n rol in denke en emosies speel. Beweging bevorder ook brein gesondheid en funksie deur nuwe breinselle te help groei en te floreer (neurogenese). Ongeag ouderdom, produseer die brein daagliks duisende nuwe breinselle, veral in die area wat by leer en geheue betrokke is. Beweging – hetsy tydens die aanleer van nuwe fisieke vaardighede of bloot die doen van ’n oefening wat sirkulasie bevorder – gee hierdie nuwe breinselle ‘n doel sodat hulle lewend bly, eerder as om af te sterf weens onbruik.
Dus Beweging:
Beweeg gereeld & bly skerp!